Hoe die BLRSKR werk.

 

1. Monteer die twee krokodilknippe aan ʼn 12V Battery.

2. Wag vir ongeveer 5 minute sodat die element goed kan verhit.

3. Hou die lam wat se stert verwyder moet word

styf vas.

4. Hou Die Blrskr sodat die geelkoper lem wat die element bevat aan die onderkant van die stert sal wees en die staal lem aan die bo kant van die stert.

5. Knip nou die stert ongeveer 3 sentimeters van die lyf af, pasop vir die lam se organe en trek die stert weg van die lyf met die een hand (Pasop vir te kort).

6. Druk die twee handvatsels stadig na mekaar toe deur te tel tot 5, voordat dit af gesny is. Die rede hiervoor is om al die bloedvate te seel. Party lammers het ʼn dun stertjie wat vinniger as 5 tellings sal afsny.

7. Die Blrskr bly gekoppel aan die battery sodat die volgende lam gebrand kan word. Die Blrskr gebruik ongeveer 10 Ampere.

8. Letop dat daar nie ʼn kortsluiting met die twee krokodilknippe by die battery pole veroorsaak word nie, dit kan die element beskadig.

9. Maak die lem wat die element bevat liggies versigtig skoon met staalwol sodat die bedrading na die element nie beskadig word nie.

10. Die Blrskr is roesbestand en is van vlekvryestaal vervaardig, Die Blrskr dra ʼn 12 maande waarborg op alle werkende onderdele.

11. Alle onderdele is beskikbaar en selfs die element kan maklik deur ʼn onopgeleide persoon vervang word.

 

Kopiereg 2015 www.blersker.co.za | Ontwerp en huisvesting deur oraIT